GAUTENG. – Darren Wilken (35) het Maandag op verskeie aanklagte, onder meer die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, in die Randburg-streekhof voorgekom. Die saak is vir verdere ondersoek tot 28 Januarie uitgestel.
Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Wilken is Vrydag tydens ‘n operasie gearresteer en het buiten vir kinderpornografie-aktiwiteite, vir beweerde dwelmhandel en die verkryging, besit/gebruik van die opbrengs van onwettige aktiwiteite, besit van gesteelde eiendom en bedrog in die hof verskyn. Die staat het ‘n sewe-dag-uitstel van die hof gevra sodat verdere ondersoek oor bewerings van geldwassery ondersoek kan word en om vir die formele borgaansoek voor te berei.
Lees meer hier onder: