Saak van beweerde moordenaar uitgestel

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die saak van ‘n beweerde moordenaar is in die hof uitgestel nadat Hugh Powell (58) op 20 Augustus 2024 in ‘n huis in 12de Laan in Pretoria-Moot vermoor aangetref is. Die verdagte is op 4 Maart gearresteer en aangekla.

Kapt. Johan van Dyk sê die polisiestasie het omstreeks 18:00 op die betrokke datum ‘n oproep vir hulp gekry. Met aankoms is die oorledene se liggaam onder verdagte omstandighede in die huis aangetref. ‘n Ondersoek het bevestig die oorledene is vermoor. Verskeie besittings, onder andere ‘n voertuig, was vermis.

Van Dyk sê voorts moord is deur ‘n ondersoek bevestig en ‘n persoon van belang, wat die polisie met die saak kan help, is deur speurwerk en bewyse op die toneel geïdentifiseer. Die verdagte is suksesvol tydens ‘n soektog opgespoor, gearresteer en formeel aangekla.

Hy het in die hof verskyn en die saak is uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief