SABC vra om verskoning oor Afrikaanse nuus

Lees ook :

SABC vra om verskoning oor Afrikaans nuussegment fotokrediet: Canva

Die SABC het om verskoning gevra na die Afrikaanse nuus op 5 en 6 April nie gewys is nie.

Lees ook: SABC 2 herstel Afrikaanse nuussegment na ‘fout’ met skedule

Die SABC het bevestig dit was ’n probleem met die skedule en dat daar geen plan is om op te hou om Afrikaanse nuus te wys nie.

Volgens die SABC is die bestuur besig met prosesse om te keer dat so iets weer gebeur.

Die SABC het gesê die Afrikaans-nuussegment sal soos gewoonlik aanhou wys op SABC 3 deur die week en naweke op SABC 2.

Bronne: SABC

Lees ook: SABC 2 herstel Afrikaanse nuussegment na ‘fout’ met skedule

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief