Safa sê bewerings oor R10 m. betaling aan Danny Jordaan is ‘vals en kwaadwillig’

Lees ook :

Foto: Op lêer

Volgens die SA Sokkervereniging (Safa) is die bewerings dat dr. Danny Jordaan, sokkerbaas, in 2020 meer as R10 miljoen betaal is sonder die goedkeuring en kennis van die nasionale uitvoerende komitee “vals en kwaadwillig”.

Lees ook: Danny Jordaan-saak tot Augustus uitgestel

Safa het gesê die bewerings kom na iemand onwettig by Safa se finansiële stelsel ingebreek het, die verslae opgetrek oor die betalings oor 18 jaar aan Jordaan verkeerd geïnterpreteer het en toe aan ’n derde party gelek het.

Die betalings wat in die verslag genoem word, sluit in: honorarium en NEC-vergaderingsvergoeding betaal aan alle NEC-lede, skeidingsbetalings tussen Safa en die president toe hy teruggekeer het van die 2010 Fifa Wêreldbeker se plaaslike organiseringskomitee, asook ’n bonus wat betaal is aan Jordaan, Irvin Khoza en Molefi Oliphant vir die verkryging van die 2010 Fifa Wêreldbekertoernooi, wat ’n groot deel van die R10 miljoen opmaak.

Die betalings sluit ook inbetalings van die Confederation of African Football (CAF), wat met goedkeuring deur die vereniging se bankrekening aan Jordaan gemaak is, in.

Bron: SAFA

Lees ook: Danny Jordaan-saak tot Augustus uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief