Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) het tydens ‘n mediakonferensie hulle nuwe kommisaris, Ngobani Johnstone Makhubu, bekend gestel.
Die mediakonferensie is deur die inkomstediens se huidige kommissaris, mnr. Edward Kieswetter, gelei.
https://www.youtube.com/live/Er6x0OstJOA?si=ZRmIExIpC7KzRnSC
President Cyril Ramaphosa het onlangs aangekondig dat hy dr. Ngobani Johnstone Makhubu aangestel het om vanaf 1 Mei 2026 amptelik die SAID-portefeulje oor te neem van die uittredende kommissaris, Edward Kieswetter. Kieswetter was vir die afgelope sewe jaar die kommisaris. Die nuwe kommisaris sal op 1 Mei die leisels oorneem.
Dr. Ngobani Makhubu sê sy span sal die stryd teen die onwettige handelsbedrywighede in die ekonomie aanpak terwyl hy gereed maak om die leisels oor te neem en het sy voorganger bedank.
“Ons sal voortgaan om ons strategiese speelboek te implementeer, wat ons hoër doelwitte, strategiese visie, strategiese voorneme, ons nakomingsteorie, sowel as ons strategiese doelwitte en uitkomste insluit. Hierdie sal ons bly nastreef, omdat ons glo dit is gegrond op gesonde internasionale maatstawwe.
Ons sal ook saam met ander rolspelers in die regering bly fokus op die stryd teen die plaag van die onwettige handelsbedrywighede in die ekonomie, en dit sal ons doen deur te verseker dat ons benadering geïntegreerd is.
Ek wil my opregte dank uitspreek aan kommissaris Kieswetter vir sy voorbeeldige leierskap en mentorskap oor die afgelope sewe jaar,” het Makhubu gesê.
Bron: SABC Nuus





