Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sê dit is bekommerd oor onwettige aftrekkings wat deur sekere finansiële diensverskaffers van toelaes gemaak word.
Themba Matlou, die uitvoerende hoof, sê in ‘n verklaring begunstigdes het gekla dat hul geld sonder toestemming deur versekeraars afgetrek word. Hy beklemtoon dat Sassa geen reg het om aftrekkings te maak nie. “Jou geld is jou geld. Indien jy vir ’n toelae kwalifiseer, behoort dit aan jou,” het Matlou gesê.
Slegs een aftrekking van hoogstens 10 persent vir ’n geregistreerde begrafnispolis mag wettiglik per maand gedoen word en net met die begunstigde se toestemming. Geen aftrekkings word toegelaat van kindverwante of tydelike ongeskiktheidstoelaes nie. Sassa maan slagoffers om voorvalle by hul plaaslike kantoor aan te meld of dit by die versekeraar te betwis.
Druk hier om meer te lees.





