LOS ANGELES, VSA. – Sean ‘Diddy’ Combs het ‘n nuwe bewering van seksuele aanranding ontken nadat die departement van die Los Angeles-distriksbalju ‘n ondersoek begin het.
Lees ook: P Diddy pleit onskuldig op nuwe aanklagtes
Die bewering kom vanaf 2020 toe ‘n musiekvervaardiger glo gevra is om by ‘n fotosessie in ‘n Los Angeles-pakhuis te wees, waar Combs hom glo seksueel aangerand het.
Combs, wat ‘n vonnis van vier jaar vir aanklagte van prostitusie in New Jersey uitdien, het hierdie en alle ander aanklagtes van seksuele mishandeling ontken. Combs se prokureur het gesê Combs sien daarna uit “om hom in die hof te bewys waar sulke dinge besluit word – en nie in die media nie – gebaseer op bewyse en nie spekulasie en bewerings nie”.
Bronne: BBC, USA Today, PEOPLE





