Seepunt-swembad tydelik gesluit ná sinkgat vorm

Lees ook :

Foto: Lekkeslaap

WES-KAAP. – Die gewilde Seepunt-swembad is vanaf vandag tydelik vir herstelwerk gesluit nadat ’n waterlyn ineengestort het en ’n sinkgat veroorsaak het.

Raadslid Patricia van der Ross, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het bevestig: “Tydens ‘n roetine-inspeksie van die fasiliteit is ‘n sinkgat opgespoor, veroorsaak deur ‘n ineengestorte waterlyn. Vir ’n behoorlike beoordeling van die skade moet die hele waterlyn opgegrawe word.”

Die skade maak dit onveilig vir die publiek om die swembad te gebruik. Tydens die sluiting word swemmers gevra om van die Langstraat- binnenshuise swembad gebruik te maak, wat daagliks van 07:00 tot 19:00 oop is. Daar moet in ag geneem word dat die swembad elke Dinsdag vanaf 10:00 tot 14:00 en gedurende skoolvakansies vanaf 10:00 tot 13:00 slegs deur vroue gebruik word. Indien ‘n openbare vakansiedag egter op ‘n Dinsdag val, sal die swembad deur almal gebruik kan word.

“Ons vra om verskoning aan die fasiliteitgebruikers vir enige ongerief en werk so spoedig moontlik om die herstelwerk af te handel,” het Van der Ross bygevoeg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief