Sekuriteitswag skiet glo kliënt sonder masker

Lees ook :

KURUMAN. – ‘n Sekuriteitswag van ‘n vulstasie hier is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n kliënt wie nie ‘n masker gedra het, geskiet het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die sekuriteitswag (37) is vir poging tot moord in hegtenis geneem.

Weier toegang sonder masker

“Die sekuriteitswag het op 1 Mei, ongeveer 17:20, die ingang van die vulstasie beman. Na bewering het die sekuriteitswag toegang vir ‘n 36-jarige kliënt geweier omdat die kliënt nie ‘n masker gedra het nie.”

Skiet glo in gesig

‘n Onderonsie het toe uitgebreek. Die kliënt is glo in die gesig geskiet. Hy is na ‘n plaaslike hospitaal gebring.

“Die sekuriteitswag is in hegtenis geneem en die vuurwapen wat hy gebruik het is gekonfiskeer. Die verdagte sal Maandag in die Kuruman-landdroshof verskyn.”

Lt. gnrl. Risimati Peter Shivuri het die voorval ten sterkste veroordeel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief