Selfoon op misdaadtoneel lei tot inhegtenisneming

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – ’n Selfoon op ‘n misdaadtoneel het tot die inhegtenisneming van ’n 35-jarige man gelei in ‘n maande lange ondersoek ná ’n huisroof en verkragting in Februarie vanjaar in Mmabatho.

Kol. Anne Magakoe, polisiewoordvoerder, sê die deurbraak is gemaak nadat ondersoekers ’n belangrike leidraad wat op die misdaadtoneel agtergebly het, opgevolg het. Tydens die ondersoek het forensiese kenners ’n selfoon wat glo aan die verdagte behoort, op die toneel gevind en ontleed. Die inligting wat uit die toestel verkry is, het ondersoekers in staat gestel om die man met die misdaad te verbind. Lede van die eenheid vir gesinsgeweld,kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) het, met die hulp van die Brits-eenheid vir misdaadintelligensie en die Brits trio-taakspan, uiteindelik die verdagte uiteindelik en in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting Vrydag op aanklagte van huisroof en verkragting in die Mmabatho-landdroshof verskyn. Die ondersoek na die saak duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief