Ses persone is gistermiddag deur Joel Cauchi (40), wat alleen opgetree het, in die Westfield-inkopiesentrum in Bondi Junction, Sydney, Australië doodgesteek. Vier vroue en ‘n man is op die toneel dood terwyl nog ‘n vrou later in ‘n hospitaal gesterf het.
‘n Aantal beseerde slagoffers is in hospitale behandel. ‘n Baba (9 mnde.) was onder die kritiek beseerdes en moes ‘n operasie ondergaan. Ash Good, die baba se ma, het tydens die voorval gesterf.
Amy Scott, ‘n polisie-inspekteur wat naby was toe die voorval plaasgevind het, het die aanvaller op die toneel doodgeskiet toe hy sy mes vir haar lig, en word as ‘n heldin bestempel.
Die voorval het gistermiddag chaos onder inkopiegangers veroorsaak wat hulleself probeer beskerm het deur in winkels weg te kruip.
Cauchi het blykbaar volgens owerhede ‘n geestesgesondheidsiekte gehad. Hulle is van mening die voorval is nie terreurverwant nie.
We are shocked and saddened by the terrible events in Sydney earlier today. Our thoughts are with all those affected, including the loved ones of those lost and the heroic emergency responders who risked their own lives to save others. W & C
— The Prince and Princess of Wales (@KensingtonRoyal) April 13, 2024
Bronne: ABC.net.au, 9 News, CNN, ABC News en BBC





