Ses mense, insluitend familie, dood in helikopterongeluk

Lees ook :

Ses mense, insluitend familie, dood in helikopterongeluk fotokrediet: X

NEW YORK, VSA. – ’n Familie van vyf Spaanse toeriste en ’n vlieënier is oorlede na ’n helikopter in die Hudson-rivier in New York geval het.

Lees ook: Zimbabwe begin uitbetalings aan boere wie se plase opgeëis is

Beeldmateriaal het gewys die helikopter het onderstebo uit die lug tot in die rivier geval. Owerhede het gesê die helikopter het beheer verloor kort na dit by die George Washington-brug gedraai het.

Vier van die insittendes is op die toneel dood verklaar en twee is later in ‘n hospitaal oorlede.

Die NTSB ondersoek die ongeluk, terwyl die wrak van die helikopter reeds uit die rivier gehaal is. Ooggetuies het beweer die roteerlemme het afgeruk en so die ongeluk veroorsaak.

Bronne: BBC, The Independent, Daily Mail

Lees ook: Zimbabwe begin uitbetalings aan boere wie se plase opgeëis is

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief