Ses polisiebeamptes van teen-bende-eenheid bly in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Ses polisielede, verbonde aan Welkom se teen-bende-eenheid, het op aanklagte van korrupsie, afpersing, ontvoering, aanranding en regsverydeling in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê konstabels Thabang Petrus Thesele, Sipho Marumo, Setlhabi Isaac Matsime, April Monatisa, Paseka Jackson Mokoro en Thabiso Sylvester Lethetsa het glo op 23 Oktober 2024 ‘n Nigeriese burger gearresteer na dwelms na bewering in sy huis op Odendaalsrus gevind is. Instede daarvan om regsprosedures te volg, het die polisielede die verdagte glo ontvoer, in ‘n polisievoertuig aangerand en R12 000 vir sy vrylating geëis. Nadat geld glo geleen en oorhandig is, is die verdagte vrygelaat. Vyf van die konstabels is op 8 April 2025 deur die Valke gearresteer en ‘n sesde het homself oorgegee.

Tydens hofverskyning is die saak tot 14 April uitgestel, terwyl die polisielede in aanhouding bly. Die Valke se ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief