Ses verdagtes in Mthatha doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Ses gewapende verdagtes is Maandag omstreeks 17:30 in ‘n skietery met die polisie op die R61 tussen Mthatha en Ngcobo doodgeskiet.

Brig. Nobuntu Gantana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits ‘n intelligensiegedrewe operasie is op individue, wat vermoedelik by afpersingsaktiwiteite in die gebied betrokke is, gemik. Volgens die polisie het hulle die voertuig voorgekeer, waarop die verdagtes uitgeklim en glo op die polisie begin skiet het. Lede van die polisie het uit selfverdediging teruggeskiet, wat tot die dood van al ses verdagtes gelei het. Die identiteite van die oorledenes is tans nog onbekend. Forensiese prosesse is aan die gang om hulle formeel te identifiseer.

Misdaadtoneeldeskundiges het die toneel vir bewyse gefynkam. Vuurwapens wat van die verdagtes af herwin is, sal aan ballistiese ontleding onderwerp word.

“Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) is van die voorval in kennis gestel en sal ingevolge standaardprosedure en wetgewende mandaat ondersoek instel,” sê brig. Gantana.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief