Seun (9) tydens inbraak in kop geskiet

Lees ook :

'n Negejarige seun is tydens 'n huisbraak in Witrivier in die kop geskiet. Foto ter illustrasie: Canva

WITRIVIER, MPUMALANGA. – ’n Seun (9) is in ’n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagoggend tydens ’n huisbraak in die kop geskiet is.

Volgens Laeveld ER24 het die inbraak ongeveer 11:15 by ’n woonhuis in Essenhoutstraat plaasgevind.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die seun met ’n kopwond aangetref. Hy is na Nelspruit Mediclinic gehaas waar hy steeds behandel word.

Geen verdagte is al aangekeer nie. Dit is ook nog onduidelik of die verdagte enigiets tydens die inbraak gesteel het.

Bronne: Laevelder, Citizen, Caxton Network News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief