Brekende Nuus
Afrikaans

Seun rand glo bejaarde ma aan ondanks bevel

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Seun (41) het glo Donderdagaand sy ma (73) in haar huis in die Matolong-woonbuurt aangerand en sal Maandag in die Taung-landdroshof verskyn.

Kol. Adéle Myburgh sê ‘n beskermingsbevel was teen die seun uitgereik, maar hy het huis toe gegaan en steeds sy ma aangerand. Nadat die voorval Vrydag aan die polisie gerapporteer is, is hy vir oortreding van die wet op gesinsgeweld in hegtenis geneem.

Volgens lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale kommissaris, is die geval hartseer, omdat die seun veronderstel is om sy ma te beskerm.