Seun sterf toe hiperbariese suurstoftenk met hom ontplof

Lees ook :

Foto: GoFundMe

INTERNASIONAAL, VSA. – Thomas Cooper (5) van Royal Oak het Vrydag by die Oxford Centre in Troy, Michigan, gesterf toe ‘n hiperbariese suurstoftenk met hom binne-in ontplof het.

Volgens beriggewing het sy ma tydens die ontploffing naby die tenk gestaan en beserings aan haar arms opgedoen. Thomas is deur nooddienste dood aangetref. Dit is nie seker waarvoor die seun behandeling in die tenk ontvang het nie. Hiperbariese suurstoftenks word deur duikers gebruik en terapie word ook vir ander mediese toestande in die tenks toegepas.

Lt. Keith Young van Troy-brandweer sê: “‘n Hiperbariese kamer bevat 100% suurstof, wat tot vyf keer die hoeveelheid suurstof as in ‘n normale kamer is. Die teenwoordigheid van so ‘n hoë hoeveelheid suurstof in ‘n omgewing onder druk kan dit uiters brandbaar maak.”

Die brandweer kon die brand blus en nooddienste, sowel as mediese personeel wat eerste op die toneel was, is deur die Oakland Community Health Network bygestaan.  

‘n Verklaring deur die Oxford Centre, wat terapie aan kinders bied vir toestande soos outisme, kanker, ADHD en outo- immuun siektes, lui: “Die veiligheid en welstand van die kinders wat ons bedien, is ons hoogste prioriteit. Niks soos hierdie het gebeur in ons meer as 15 jaar van die verskaf van hierdie tipe terapie nie. Ons weet nie hoekom of hoe dit gebeur het nie en sal saamwerk met al die ondersoeke wat nou moet plaasvind.”

Die insident word ondersoek. Thomas se familie en sy ma, wat ook beseer is, word deur Fieger Law-regsfirma bygestaan.

Foto: Ter illustrasie Canva

Bronne: CBS News, NewsmaxHealth, GoFundMe, Oakland Press en Detroit Free Press

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief