Sewe verdagtes na sakeroof en skietery gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Sewe verdagtes word deur die polisie in Thabong gesoek nadat hulle na ‘n beweerde sakeroof met die polisie in ‘n skietery betrokke was.

Kapt. Stephen Thankeng sê die klaer (64) was omstreeks 01:25 vanoggend saam met ‘n kollega in die winkel. Die gewapende verdagtes het hulle met wapens gedreig om die deur oop te maak. Die slagoffers kon nie daarin slaag om die valkluis in opdrag van die aanvallers oop te maak nie. Die verdagtes het kontant uit die kasregister en twee selfone gebuit.

Die twee werknemers is beveel om op die vloer te lê, waarna ‘n poging om die kluis met springstof oop te kry, onsuksesvol was. Met polisie wat op die toneel aangekom het, het ‘n oor-en-weer-skietery ontstaan. Niemand is egter beseer nie.

Die polisie ondersoek ‘n saak van sakeroof en poging tot moord.

Enigiemand met inligting word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief