Sewe verdagtes vir veediefstal vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Sewe beweerde veediewe is Donderdag vasgetrek na inligting oor veediefstal op ‘n plaas in Senekal ontvang is.

Kapt. Stephen Thakeng sê die operasie deur polisielede van Ventersburg, Henneman en Virginia is omstreeks 03:00 op die R70 Ventersburg/Senekalpad geloods.

‘n Silwerkleurige Audi met Gauteng-nommerplate en ‘n rooi Volkswagen Polo met Vrystaat-nommerplate is voorgekeer. Messe en ‘n geslagte bees is in die voertuie gevind. Sewe verdagtes is in hegtenis geneem.

Thakeng sê voorlopige ondersoek het die polisielede na ‘n verlate plaashuis, 10 km van Senekal in die rigting van Paul Roux, gelei. Meer bewyse van die geslagte bees is deur die veediefstaleenheid by die huis gevind, asook nege ander lewendige beeste.

Die verdagtes het Maandag in die Ventersburg-landdroshof verskyn.

Die saak word deur die Odendaalsrus-eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek.

Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief