Skaapdiefstal in Clocolan – DA vra dringende landelike veiligheidsingryping

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

CLOCOLOAN. – Boere in die Clocolan-distrik het tussen November 2025 en Maart 2026 sowat 350 skape aan veediefstal verloor, wat groot finansiële druk op die landbougemeenskap plaas.

Jose Coetzee, DA-raadslid, sê die omvang van die diefstal wys dat dit nie losstaande voorvalle is nie, maar moontlik deel vorm van groter georganiseerde misdaad in die gebied. Die DA waarsku dat die situasie in Clocolan ’n ernstige impak op plaaslike boerdery het en dat produsente toenemend kwesbaar raak. Volgens die party word baie boere gedwing om self vir veiligheidsdienste te betaal weens ’n gebrek aan sigbare polisiëring en beperkte hulpbronne by veediefstaleenhede. Die probleem word vererger deur die feit dat die laaste landelike veiligheidsvergadering in die gebied reeds in Augustus of September 2025 plaasgevind het, wat samewerking tussen rolspelers bemoeilik.

Die DA sê hy gaan die kwessie na die provinsiale wetgewer neem en druk uitoefen vir beter hulpbronne en sterker polisiëring in landelike gebiede.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief