Brekende Nuus
Afrikaans

Skaapwagter kry buitelander se liggaam

Sy hande was vasgemaak en hy het ’n skietwond aan die linkerkant van sy kop gehad.

Skaapwagter kry buitelander se liggaam

fotokrediet: Canva
Skaapwagter kry buitelander se liggaam fotokrediet: Canva

Lees ook: Broer kom op suster se liggaam in plas bloed af

WELKOM. – Die liggaam van ’n Lesotho-burger (35) is Sondag 14 September 2023 deur ’n skaapwagter gekry.

Die man, identifiseer as Motsamai Paulos Mathabela, is op ’n ou skougrond in Long Road gekry. Sy hande was vasgemaak en hy het ’n skietwond aan die linkerkant van sy kop gehad.

Die rede vir sy moord is onbekend en die polisie is steeds op soek na verdagtes. Enigiemand met inligting word aangemoedig om die Welkom-polisie te kontak.

Bronne: SAPD

Lees ook: Broer kom op suster se liggaam in plas bloed af