Skietery in Wentworth eis 2, nog 7 gewond

Lees ook :

Foto's: PT Alarms

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het ’n soektog begin na minstens twee gewapende mans wat twee persone, van wie een ‘n kind, doodgeskiet en sewe ander beseer het in ’n skietery in Major Calvertstraat in Wentworth. ‘n Hond is ook tydens die voorval doodgeskiet.

Luidens ‘n verklaring deur kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, is die slagoffers tussen 15 en 22 jaar oud. ‘n Groep mense het buite ’n woonstel gesit toe ’n grys Mazda 3 stilgehou, twee mans uit die voertuig geklim en op die groep begin skiet het. Die mense het uitmekaar gespat, maar die aanvallers het hulle agternagesit en aanhou skiet. Twee persone is dood en sewe is met skietwonde na ‘n hospitaal geneem.

Die polisie sê die motief vir die aanval is nog onbekend, maar dat die betrokkenheid van bendes of dwelms nie uitgesluit word nie.

PT Alarms, wat op die toneel in Himestraat was, sê in ‘n sosialemediaplasing die verdagtes het glo munisipale kleredrag aangehad.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief