Skietery op plaas eis glo kind (11) se lewe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Kind (11) het Sondag tydens ‘n skietery op die Lonia-plaas in Ficksburg gesterf nadat twee gewapende verdagtes glo lukraak skote op plaasbewoners geskiet het. Ses persone is met beserings in hospitale opgeneem.

AO Mmako Mophiring sê die polisie is op soek na inligting nadat die twee onbekende verdagtes eers te voet van die toneel gevlug het tot by ‘n voertuig wat langs die pad op die R26 gestaan het.

Met aankoms van die polisie en nooddienste is gevind die kind is in sy maag geskiet en het gesterf. Nog ses persone wat gewond is, is vir verdere mediese behandeling na hospitale vervoer.

Die motief van die skietery is onbekend. ‘n Saak van moord en ses van poging tot moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Lebakang van die Ficksburg-speurtak by 079 897 7144 te bel.