‘Skool terug na normaal’ sê raadslid

Lees ook :

Foto: Laerskool Danie Malan

GAUTENG. – Laerskool Danie Malan het na Maandag se chaos met betogers en brandende bande by die skool en die skoolperseel wat gesluit was, na normaal teruggekeer.

Raadslid Quentin Meyer maan die ouers tot kalmte, aangesien dit leerlinge ook kalm sal hou: “As ouers is dit belangrik dat ons vermy om die situasie by die skool voor hulle te bespreek. Laat ons nie onnodige bekommernis of verwarring vir ons kinders skep nie.”

Meyer het die skool kort gelede besoek en verseker alles is rustig en die leerlinge is besig om soos normaal klas te loop. Die raadslid vra ook daar moenie na gerugte geluister word nie.

“Kom ons werk almal saam om ‘n vreedsame omgewing vir ons kinders te handhaaf en toe te laat dat hul opvoeding sonder ontwrigting voortgaan. Dankie vir u samewerking en begrip.”

Elzaan Wood, voorsitter van die beheerliggaam van die skool, sê in ‘n verklaring die skool is Maandagoggend omstreeks 05:00 deur ‘n onbekende persoon gesluit en bande is op die hoek van Jan van Riebeeck- en Gerrit Maritzstraat aan die brand gesteek. Ouers is bedank vir alternatiewe reëlings wat hulle op kort kennisgewing getref het.

Wood bevestig ekstra veiligheidsmaatreëls is vir die res van die week in plek. Die skool het kapasiteit vir toelating bereik en sê daar is by North Park Primary School, oorkant Laerskool Danie Malan, nog beperkte plek vir leerlinge.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief