Skoolhoof afgedank ná ondersoeke en dissiplinêre prosesse

Lees ook :

Foto: Hoërskool Waterkloof Facebook

GAUTENG. – Chris Denysschen, die nou voormalige skoolhoof van Hoërskool Waterkloof, is afgedank ná ‘n ondersoek en verhore oor bewerings wat leerlinge, onderwysers en die reputasie van die skool raak. Die skoolhoof, wat deur aanklagte van beweerde onvanpaste gedrag teenoor onderwysers en leerlinge in die gesig gestaar is, is Woensdag op vier van ses aanklagte skuldig bevind en uit sy pos verwyder.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) sê die ondersoek deur dié kantoor is gedurende Oktober 2024 van stapel gestuur, nadat ouers, onderwysers en leerlinge die betrokke kantoor genader het om bystand te verleen. Inligting is ingesamel en ’n omvattende verslag is aan Matome Chiloane, die Gautengse LUR vir Onderwys voorgelê (GDO).

Ná ‘n vorige tydelike 90 dae-skorsing en ondersoek deur die GDO het Denysschen op 13 Desember 2024 na die skool teruggekeer, waartydens die departement ’n ondersoek gedoen het. ‘n Dissiplinêre vehoor was ‘n paar keer uitgestel waarna ‘n arbitrasieverhoor begin is. Die verhoor het ingevolge Artikel 188A van die Wet op Arbeidsverhoudinge plaasgevind terwyl die hoof by die departement in diens was. Hy is aan die begin van die 2026-skooljaar uit sy pos ontslaan. Denysschen gaan glo teen die beslissing appèl aanteken. Die skoolbeheerliggaam is tans in gesprek met die departement van onderwys oor die aanstelling van ’n nuwe skoolhoof.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief