MPUMALANGA. – Melissa Vice (29) het Woensdag op aanklag van moord in die Witbank-landdroshof verskyn nadat sy op 24 Desember in verband met die moord op Willie Visser (25), haar swaer, in hegtenis geneem is.
Volgens lt.kol. Jabu Ndubane bly Vice in aanhouding totdat die saak weer op 26 Januarie voorkom. Visser se liggaam is op 16 Desember in die bosse by die Seekoeiwater-kleinhoewes naby die Doornpoort-substasie gevind. Die oorledene is op sy rug met sigbare kneusplekke aan sy gesig, arms en maag aangetref. Die polisie vermoed hy is met ’n stomp voorwerp aangerand.





