Skriftelike voorleggings oor Wilgenhof gevra

Lees ook :

Foto: Wilgenhof Men's Residence Facebook-blad

WES-KAAP. – Die vraag is nou of Wilgenhof gesluit moet word en of dit as ‘n opgegradeerde koshuis behoue moet bly. Jy kan jou mening laat hoor.

Martin Viljoen, woordvoerder vir die Universiteit Stellenbosch, sê nadat dieUS-raad Maandag oor Wilgenhof vergader het, is besluit om belanghebbendes se skriftelike mening oor die aangeleentheid aan te hoor.

Indien jy dus oor Wilgenhof gehoor wil word, voordat daar finale besluite gemaak word, het jy tot Woensdag 31 Julie om 17:00 tyd.

‘n Herrie het ontstaan nadat die ondersoek na twee vertrekke in die betrokke koshuis ontstellende onthullings aan die lig gebring het.

Die rektor, wat deur die rektoraat ondersteun is, se aanbeveling was om Wilgenhof-koshuis, soos hy tans daar uitsien, te sluit. Alternatiewelik het die rektor aanbeveel die gebou moet as koshuis opegradeer word en behoue bly.

“Die paneel se geredigeerde verslag is hier beskikbaar.”

Viljoen sê die ontdek van die twee betrokke vertrekke met inhoud het uiteenlopende reaksie onder studente, ouers, alumni en ander belanghebbendes ontlok.

“Die raad is bewus daarvan dat menings oor die toekoms van Wilgenhof ten diepste verdeeld is.”

Daar is dus op verdere oorweging en konsultasie besluit sodat belanghebbendes kan ingesluit voel. Besluitneming in dié verband moet dus regverdig en deursigtig, met visie en waardes in die oog, oorweeg word.

Indien jy ‘n skriftelike voorlegging, met die ondergenoemde vier punte, ingesluit, wil maak, is die volgende skakel die enigste platform waar jy dit kan indien voor die afsnydatum en tyd: https://forms.office.com/r/ry1FJA6GqA.

Skriftelike voorleggings moet behels of Wilgehof gesluit of nie gesluit moet word nie en wat oorweeg moet word; wat die gevolge sou wees indien Wilgenhof as koshuis opgegradeer sou word; alternatiewe vir die sluiting wat bekommernisse van die paneel soos in die verslag genoem, sal hanteer, en van watter aanwysers die raad gebruik moet maak om die sukses van die alternatiewe voorstelle te meet.

Indien jy die sperdatum en tyd mis, sal jou voorlegging nie in aanmerking kom nie.

“Diegene wat voorleggings indien, moet asseblief kennis neem dat dit nie nodig is om verskillende weergawes van dieselfde voorlegging in te dien nie. Die raad gaan nie die voorleggings weeg op grond van die hoeveelheid voorleggings wat oor ’n kwessie ontvang is nie. Die voorleggings sal oorweeg word op grond van die meriete van wat voorgestel word.”

Enige navrae kan aan wilgenhofrepresentations@sun.ac.za gerig word.

“Sodra die US Raad die geleentheid gehad het om die skriftelike voorleggings te oorweeg, sal die Raad aanbevelings maak oor die pad vorentoe.”

Klik hier vir toegang tot die voorleggingswebblad.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief