Skuil daar slange in jou huis?

Lees ook :

Skuil daar slange in jou huis? Foto's: Boland Snake Removals 247 and Pest Control

DURBANVILLE, WES-KAAP. – Boland Snake Removals het onlangs ’n video op hulle sosialemediablad gedeel van waar hulle ’n Kaapse kobra agter ‘n skottelgoedwasser by inwoners van Durbanville uithaal.

Volgens hulle is die slang hoogs giftig. In die video kan gesien word hoe die slangvanger die skottelgoedwasser van die muur af wegskuif en die slang opgekrul vind. Hy verwyder dan die slang strategies. Die slang pronk selfs vir die kamera terwyl hy uitgetel word.

Vir baie is die winter wat naderkruip goeie nuus, want dit beteken die meeste slange gaan ondergronds vir hulle hibernasietydperk, waartydens hulle ook nie eet nie.

Die Kaapse kobra se byt sal hulle slagoffers se senuweestelsels aantas. Mense se asemhalingspiere word dan stelselmatig verlam, wat sal veroorsaak dat hulle nie meer kan asemhaal nie.

Kyk die video hier.

Bronne: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control, African Snake Bite Institute

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief