Brekende Nuus
Afrikaans

Slotargumente vind plaas vir verhoor binne ’n verhoor in Meyiwa-saak

Twee van die verdagtes in die Meyiwa-saak het gesê hulle is deur die polisie aangerand tot hulle skuld erken het vir die moord op Meyiwa.

Slotargumente vind plaas vir verhoor binne ’n verhoor in Meyiwa-saak

fotokrediet: Canva
Slotargumente vind plaas vir verhoor binne ’n verhoor in Meyiwa-saak fotokrediet: Canva

Lees ook: Meyiwa verhoor binne ‘n verhoor weer uitgestel

PRETORIA. – Die slotargumente vir die verhoor binne ’n verhoor in die Senzo Meyiwa-moordsaak sal vandag in die Pretoria-hooggeregshof voortgaan.

Twee van die verdagtes in die Meyiwa-saak het gesê hulle is deur die polisie aangerand tot hulle skuld vir die moord op Meyiwa erken het.

Die staatsaanklaer, George Baloyi, het gister gesê daar is geen bewyse dat die verdagtes aangerand is nie.

Hy het gesê beide Muzikawukhulelwa Sibiya en Bongani Ntanzi het vrywillig skuld erken en was bewus van hulle regte.

Bronne: SABC, The Africa, eNCA

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’