Erfenisdag is om die draai en talle Suid-Afrikaners gaan op hierdie dag die braaivleisvuur aansteek.
Hier volg van Suid-Afrika se top bykosse:
1. Aartappelslaai – Wat is ’n braai sonder ’n slaai? Elkeen maak hierdie slaai op sy eie manier. Daar word van verskillende souse, speserye en bestanddele gebruik gemaak.
2. Knoffelbrood – Brood is ’n algemene bykos by vele etes. Gesmelte botter en knoffel kan die gewone brood in ’n heerlike knoffelbrood verander.
3. Vyfboonslaai – Vyf verskillende bone word saam met ’n soet sous gemeng. Dit is maklik om te maak en is almal se gunsteling.
4. Roosterkoek – Hierdie bykos mag dalk ’n bietjie meer tyd verg, maar sal die moeite werd wees. Sit die roosterkoekdeeg op die vuur en bedien dit warm.
5. Chakalaka – Hierdie kan in ’n slaai, ’n paptert of self of sy eie geët word. Chakalaka het ’n pikante soet geur en is bekend in Suid-Afrika.
6. Gebraaide mielies – Mielies buite op die vuur kan saam met ’n braai bedien word. Die mielies word dan met botter gesmeer terwyl dit nog warm is.
7. Pap – Paptert is vullend en gewild onder Suid-Afrikaners en kan selfs as ’n hoofdis geëet word.
Volg Find-it hier.





