So hittete of taxi met kinders beland in swembad

Lees ook :

Foto: Kwazulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – ‘n Taxi met skoolkinders het vanoggend op die hoek van Boshof- en Bulwerstraat in Pietermaritzburg op ‘n nippertjie na in ‘n swembad beland toe dit deur ‘n muur by ‘n skool gebars het.

Chantell Botha van Kwazulu Private Ambulance Service sê met aankoms op die toneel is gevind ‘n taxibestuurder het beheer verloor en deur die muur van ‘n skool gery. Die taxi kon stop voordat dit in ‘n swembad beland het.

Paramedici het die toneel en leerders geassesseer. Nege het geringe beserings opgedoen. Daar is na hulle omgesien totdat hul ouers hulle gehaal het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief