Soektog na vermiste Zenande duur voort in Krokodilrivier

Lees ook :

Foto's: Hoërskool Laeveld en SAPD

MPUMALANGA. – Zenande Chiloane (21) word steeds in die Krokodilrivier gesoek. Die polisie het reeds die liggame van twee persone uit die rivier gehaal, maar die soektog na ‘n derde persoon duur voort. ‘n Selfoon van die persoon is in die voertuig wat ook uit die rivier gehaal is, gevind.

Hoërskool Laeveld sê Zenande is ’n trotse oudleerling van die skool en ’n mede-Blues-lid. Die skool sê terwyl soektogte na hom voortduur, hoop hulle dat hy steeds leef en veilig gevind sal word.

“Our thoughts and prayers are with the Chiloane family during this difficult and uncertain time. Zenande, a proud Lowveld High School alumnus and fellow Blues who matriculated with us, is currently missing, and search efforts continue along the Crocodile River. As the Blues family, we stand united in hope and prayer for his safe return. We ask our community to keep Zenande, his family, friends, and all those involved in the search in their thoughts and prayers during this challenging time. We remain hopeful that Zenande will be found safe and return home soon.”

Nuusflits het voorheen berig twee liggame is uit die Krokodilrivier naby Nelspruit gehaal nadat ’n voertuig in die water beland het, terwyl ’n soektog steeds aan die gang is na ’n moontlike derde persoon wat nog vermis word. ‘n SUV het Sondagoggend omstreeks 04:00 vermoedelik uit die rigting van die Universiteit van Mpumalanga na KaMagugu se aansluiting gery toe dit in die rivier beland het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief