Solidariteit wil minister skuldig hê aan minagting van die hof

Lees ook :

Foto: South African Government

GAUTENG. – Dirk Hermann, die bestuurshoof van Solidariteit sê “die geveg duur voort.” Solidariteit het die hof gevra om Nomakhosazana Meth, die minister van indiensneming en arbeid aan minagting van die hof skuldig te bevind.

Die organisasie sê in ‘n mediaverklaring dit het hofstukke op die minister beteken aangesien bepalings van ’n hofgesanksioneerde ooreenkoms oor rasbeleide in die werkplek in regulasies van die Wet op Billike Indiensneming op te neem, nie nagekom is nie. Die saak vorm deel van Solidariteit se groter stryd teen rassewetgewing, wat met ’n regsfonds van R7 miljoen plaaslik en internasionaal gevoer sal word.

“Die regering het doelbewus besluit om hierdie bepalings te verwyder ten spyte van ’n hofbevel daaroor,” sê Hermann.

Lees meer hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief