Sosialemedia-verkragter kry 4 keer lewenslank

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Victor Mokoena (26) wat vier jong vroue met model- en fotosessiegeleenthede op sosiale media gelok en daarna verkrag het, is tot vier keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê Mokoena is deur die Johannesburg-hooggeregshof skuldig bevind aan vier verkragtings, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ’n voorwerp wat soos ’n vuurwapen gelyk het.

Mokoena het jong vroue tussen Maart 2021 en Oktober 2024 deur Facebook en Instagram geteiken. Hy het hom as ’n fotograaf of promotor voorgedoen en hulle met aanbiedinge vir modelwerk, promosies en fotosessies gelok. Volgens die NVG het hy die vroue daarna na afgeleë plekke geneem waar hy hulle aangerand en verkrag het. In sommige gevalle het hy hulle verwurg, gedreig met ’n voorwerp wat soos ’n vuurwapen gelyk het en hulle beroof. Die verskillende sake is deur digitale bewyse en ooreenkomste in Mokoena se werkswyse aan mekaar verbind.

Hy is ook tot 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede gevonnis, asook twee jaar vir aanranding en een jaar vir die rig van ’n voorwerp wat soos ’n vuurwapen gelyk het. Hierdie vonnisse sal samelopend met die lewenslange vonnisse uitgedien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief