AMERIKA. – Sowat nege mense is die naweek in Amerika oorlede na hewige reën huise en paaie oorstroom het.
Lees ook: Storms voorspel tot Donderdag
Agt mense is in Kentucky oorlede en die goewerneur, Andy Beshear, het gesê die syfer kan styg. Nog ’n man in Georgia is in sy bed oorlede na sy huis deur ’n ontwortelde boom getref is.
Stormwaarskuwings is uitgereik vir Kentucky, Georgia, Alabama, Mississippi, Tennessee, Virginia, Wes-Virginia en North Carolina. Owerhede het gewaarsku die oorstromings is steeds nie verby nie. Sondagaand was ‘n halfmiljoen huishoudings sonder elektrisiteit weens kragonderbrekings, terwyl sowat 300 paaie gesluit was.
Onlangse natuurrampe, soos die brande in Los Angeles en verskeie siklone, is deur klimaatsverandering vererger.
Flooding in so many parts of the US — Virginia, Kentucky, Tennessee etc.
— S.L. Kanthan (@Kanthan2030) February 16, 2025
Infrastructure in America is in a very bad shape, but the $30 trillion economy has no money. 🤨
Hurley, Virginia: pic.twitter.com/Ip5xTnPoF6
Bronne: BBC, Sky News, ABC News
Lees ook: Donald Trump maak verskeie beloftes, onttrek van WGO en klimaatsooreenkoms





