GAUTENG, SUID-AFRIKA. – Lede van die SAPD het verlede week saam met Tshwane se metropolisie klopjagte by skole in Mamelodi-Oos uitgevoer. Hulle het beslag gelê op ’n speelgoedgeweer wat na bewering in ’n leerder se tas was.
Misdaadvoorkomingbeamptes het met die klopjag gehelp. Dit volg nadat daar klagtes ontvang is oor twee leerders wat glo ’n speelgoedgeweer gehad het. Albei leerders is geskors, hangende hulle dissiplinêre verhore.
Nuusflits-verslaggewer Wanda Olivier het so berig na ’n voorval op 16 Februarie 2024 by Laerskool Primrose Hill in Gauteng, waar ’n gr. 6-leerder in hegtenis geneem is nadat die skoolhoof geskiet is.
Bronne: Gauteng Department of Community Safety, IOL





