Splinternuwe bakkies van handelaar gesteel, verdagtes aangekeer

Lees ook :

Foto's: die Departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur,

NOORDWES. – Drie splinternuwe Ford Ranger-dubbelkajuitbakkies is Maandagoggend tydens ‘n inbraak by ‘n motorhandelaar in Zeerust gesteel. Vier verdagtes van glo deel van ‘n sindikaat is, is gearresteer.

Die departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur sê in samewerking tussen die polisie se Gauteng-lugvleuel-hoofwegpatrollie en Noordwes se Eagles-verkeerspan is die ligging van die gesteelde bakkies, onderweg na Gauteng, geïdentifiseer. Vier verdagtes van Gauteng is met die R1.8 m se gesteelde bakkies in Koster, Tarlton en Randfontein op aanklag vir die besit van gesteelde eiendom aangekeer. Die saak sal met die oorspronklike saak van Zeerust, sake-inbraak en diefstal van motorvoertuie, gekoppel word.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Wessels Morweng, die LUR van die departmenent van gegeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in Noordwes, sê misdadigers moet besef hulle kan nie net in die provinsie doen wat hulle wil nie: “Ons manne en vroue in blou saam met die Eagles-verkeerspan werk dag en nag om seker te maak dat misdadigers geïdentifiseer word. Die motorsindikaat wat in die provinsie besig is en dink dit is ‘n speelterrein, julle dae is getel. Ek het ‘n oproep aan gemeenskapslede gemaak om saam te werk, wat misdaad verminder en ons provinsie veiliger maak vir enigiemand wat hier bly of deur ons provinsie wil toer. Ons moet seker maak dat ons provinsie gebruikersvriendelik is. Niemand kan in ‘n misdaadomgewing belê nie, daarom is ons daar buite om misdadigers te hanteer.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief