Staatsaanklaer se skietdood ondersoek

Lees ook :

Foto: Sinovuyo Libhongo Sotomela

OOS-KAAP. – Elona Sombulula (30), ‘n staatsaanklaer in Bityi in die Mangweni-gebied is Dinsdagaand aan ‘n noodlottige skietwond dood.

Brig. Nobuntu Gantana sê Sombulula was na bewering vanaf Mthatha na sy huis onderweg, toe hy daar naby aangeval is. Hy was te voet toe verdagte(s) op hom geskiet het. ‘n Enkele skietwond aan sy kop het tot sy dood gelei.

Misdaadondersoekers het drie 9 mm-patroondoppies op die toneel gevind. Die motief vir die aanval is tans nog onbekend. Owerhede ondersoek alle moontlikhede, onder andere of die aanval verband hou met die slagoffer se werk as aanklaer of ander persoonlike omstandighede.

Nog geen arrestasies is gemaak nie en enigiemand met relevante inligting word gevra om AO Mlilo by 083 688 6571 te bel.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, het Sombulula wat aan die Ngcobo-landdroshof verbonde was se dood gevestig. Die oorledene het gedurende 2022 by die aspirant-aanklaerprogram aangesluit en was ten teyde van sy dood in ‘n waarnemende posisie as streekhofaanklaer.

Barry Madolo, die direkteur van openbare vervolging in die provinsie, sê Sombululu was een van die NVG se opkomende sterre en ‘n toegewyde staatsamptenaar wat met integriteit en moed gedien het.

Shamila Batohi, die nasionale direkteur van openbare vervolging het die voorval veroordeel. Begrafnis- en gedenkdiensbesonderhede sal later bekend gemaak word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief