Steve Hofmeyr-regsfonds amptelik oop

Lees ook :

(Fotokrediet: Maroela Media)
(Fotokrediet: Maroela Media)

Die regsfonds wat deur die Bittereinders vir Steve Hofmeyr gestig is ter ondersteuning van sy saak teen die MRK, is amptelik oop.

Devon Hofmeyr, Steve se seun, sê die hofsaak sal vroeg in September in die Oos-Kaap begin.

“Ek wil graag saam met julle hande vat deur hierdie stryd en dit vir my pa, ‘n held vir baie, makliker maak,” sê Devon.

Die menseregtekommissie (MRK) het ‘n saak teen Steve oopgemaak ná hy op sosiale media die “+” langs die afkorting LGBTQIA+ bevraagteken het.

“Ek bedank almal van julle wat hande met my en my familie vat deur hierdie tyd. Ons sal weekliks terugvoering gee aangaande die fondse.”

Die bankbesonderhede vir die regsfonds is op Devon Hofmeyr se Facebook-blad beskikbaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief