Tenderkontrak-moordenaars swaar gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Walter Mosotlha (39) en Klaas Masilela (41), tenderkontrak-moordenaars van KwaMhlanga, is deur die hooggeregshof in Pretoria op verskeie aanklagte gevonnis.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Mosotlha is vir twee aanklagte van moord twee keer lewenslank, vir twee aanklagte van poging tot moord agt jaar, en vir die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie vyf jaar onderskeidelik, gevonnis.

Masilela is vir vier moorde tot vier keer lewenslank, vir twee aanklagte van poging tot moord agt jaar en vyf jaar elk vir die besit van ‘n vuurwapen en die besit van ammunisie gevonnis.

Mahanjana sê die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. ‘n Deursoekingslasbrief is ook vir vuurwapens by beide die veroordeeldes se wonings uitgereik.

“Tussen Januarie en April 2021 is die twee mans deur ‘n man, aan die hof as Jack bekend, gehuur om vier mans – Jabulani Kekana, Tshepho Mahlangu, Motheo Makau en Vincent Mamba – te vermoor. Jack vlug tans vir die gereg.”

Die vier oorledenes was sakemanne in en om Nkangala aan wie ‘n tender toegeken is.

“Kekana en Mahlangu is deur Eskom Kusile Lulamisa gekontrakteer om werk te doen. Op 27 Januarie 2021, terwyl hulle met ‘n veiligheidswag by die hek by Khusile gepraat het, het die twee veroordeelde mans opgedaag en die twee oorledenes in die kop geskiet, wat albei op die toneel dood is. Die twee mans het Makau en Mamba toe op verskillende geleenthede op verskillende dae, terwyl hulle hul motors bestuur het, doodgeskiet. Hulle het ook probeer om klaers wat ten tyde van die voorvalle teenwoordig was, dood te maak.”

Masilela is ná ‘n ondersoek op 26 Julie 2021 deur die polisie se taakmag by sy huis in KwaMhlanga gearresteer. Mosothla is deur sy makker uitgewys, wat die volgende dag in hegtenis geneem is. Die twee veroordeeldes was sedert hul inhegtenisneming in aanhouding. Beide het op aanklagte in die hof onskuldig gepleit.

Adv. Lawrance More vir die staat het getuienis oor jaloesie en gierigheid teenoor die jong vier sakemanne, wat hulle families se broodwinners was, gelewer, wat tot die skuldigbevinding van Masilela en Mosothla gelei het. Selfs ná hulle skuldigbevinding het hulle skuld ontken.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief