CHINA. – Tien mense is gistermiddag (Sondag) dood en sowat 70 is beseer na vier bote vol toeriste in Guizhou, China, te midde van ‘n skielike storm omgeslaan het.
Lees ook: Derde begroting op 21 Mei voorgelê
Swaar reën, hael en erge wind het die bote laat omslaan en 84 mense in die water laat beland. Vier persone was ongedeerd.
Hierdie ongeluk het plaasgevind net twee maande nadat 11 mense in Sentraal-China in ‘n bootongeluk dood is.
Bronne: DW – South Africa, NPR, BBC
Lees ook: Derde begroting op 21 Mei voorgelê





