Tiener in vlak graf, verdagtes bly in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Phemelo Maine (40) en Onkemetse Phatlhanyane (27) het Maandag in die hof op aanklag van moord verskyn na die liggaam van ‘n tienermeisie in ‘n vlak graf ontdek is.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die twee verdagtes bly in aanhouding. ‘n Man het glo Donderdagaand ‘n huilery uit sy buurman se huis gehoor en hom Vrydag ‘n kruiwa sien stoot. Die tienermeisie se liggaam is daarna Saterdag in ‘n vlak graf ontdek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief