Tiener verdrink in Berg­rivier by Laaiplek

Lees ook :

Foto: West Coast Medical Rescue

WES-KAAP. – Rosco Erasmus (13) van Velddrif het Vrydagmiddag in die Bergrivier by Rooibaai, Laaiplek verdrink.

West Coast Medical Rescue is saam met metro-nooddienste en NSRI-St. Helena na die toneel ontplooi. Getuies het aan die reddingsdienste gesê dat die jong man gesien is waar hy in die water sukkel, voordat hy onder die oppervlak verdwyn het. Sy liggaam is later naby die plek waar hy laas gesien is, uit die water gehaal.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring ‘n noodspan is omstreeks 15:25 vir ‘n verdrinking ontbied. NSRI-redders het per boot na die toneel gevaar. Met aankoms is vasgestel dat die tiener onder die water in is. Twee plaaslike duikers het intussen reeds probeer help en onderwater begin soek. Die seun is uiteindelik onder ’n jetty in die rivier opgespoor en na die oewer gebring. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoekdossier geopen en die liggaam aan die staatpatologiediens oorhandig.

Lambinon het die gemeenskap vir hulle vinnige reaksie bedank en meegevoel teenoor die tiener se familie uitgespreek.

Die seun is op sosiale media in die kommentaar van West Coast Medical Rescue deur Estelle Erasmus as haar suster se kleiseun geïdentifiseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief