Tienerseun verdrink by Mtwalume-strand

Lees ook :

Foto: Mi7 National Group

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tienerseun (16) het vermoedelik verdrink toe hy Woensdag omstreeks 17:00 deur ‘n stroom by Mtwalume-strand meegesleur is.

Mi7 National Goup sê hul paramedici is vir ‘n verdrinking na die toneel gestuur.

Die seun het by die geïsoleerde strand geswem en is glo deur sterk strome dieper in die water ingetrek. ‘n Verbyganger het die seun sien sukkel en het hulp ontbied.

‘n Soektog met ‘n hommeltuig van meer as ‘n uur moes vanweë swak lig en troebel water afgestel word, maar is die volgende oggend voortgesit.

Die polisie se soek-en-reddingspan van Port Shepstone was deel van die soektog.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief