Lees ook: SA Rugby kritiseer Springbok-rugbyspan wat nie ‘transformasieteiken’ haal nie
Die transgender swemmer, Lia Thomas, het die onderspit gedelf in ‘n hofsaak teen World Aquatics in die Hof vir Arbitrasie vir Sport.
World Aquatics het in 2022 gestem dat transgender vrouens wat deur manlike puberteit gegaan het deelname aan vrouetoernooie verbied moet word.
Thomas (25), wat die eerste transgender atleet is wat die hoogste VSA- nasionale kollegetitel in 2022 gewen het, het die verbod beveg, omdat dit “diskrimerend” is.
Die hof het beslis dat dit nie Thomas se plek is om teen die verbod te veg nie, omdat sy nie deel van ‘n World Aquatics-kompetisie of van die VSA-swemspanne is nie. Die beslissing was dat sy nie deur die nuwe reëls geraak word nie.
Bronne: BBC, ECR, The Telegraph
Lees ook: SA Rugby kritiseer Springbok-rugbyspan wat nie ‘transformasieteiken’ haal nie