MPUMALANGA. – ‘n Vrou en twee mans het Maandagmiddag, omstreeks 12:30, op die R23-pad tussen Val en Balfour gesterf toe ‘n ligte afleweringsvoertuig en ‘n sedan mekaar reg van voor getref en aan die brand geslaan het.
Moeti Mmusi, die woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in die provinsie, sê die vroue bestuurder was die enigste insittende in die sedan, terwyl twee mans in die ligte afleweringsvoertuig was. Die slagoffers is onherkenbaar verbrand.
Volgens Mmusi is die oorsaak van die ongeluk nog nie vasgestel nie.

Foto: Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





