Tropiese sikloon Djoungou hou geen gevaar vir Madagaskar in nie

Lees ook :

Tropiese sikloon Djoungou soos deur 'n satelliet afgeneem. Foto: Cyclocane

SUID-INDIESE OSEAAN.- Die tropiese sikloon Djoungou wat Donderdag in die Suid-Indiese oseaan gevorm het, hou volgens Metservice geen gevaar vir Madagaskar in nie. Volgens hulle beweeg dit in ’n suidoostelike rigting nadat die storm aanvanklik suidwes beweeg het.

Die sikloon het Sondag kategorie vier-sterkte bereik en laatmiddag afgeneem tot ’n kategorie drie-sikloon. Volgens voorspellings sal Djoungou Woensdag energie verloor en slegs as ’n tropiese storm geklassifiseer word.

Daar is egter vir die volgende twee dae deinings van meer as vyf meter vir kusgebiede by Mauritius, St Brandon en Rodrigues voorspel. Mauritius se weerdiens monitor die beweging van Djoungou.

Illustrasie: Metservice

Bronne: Cyclocane, Metservice, Wunderground

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief