COSTA RICA. – Donald Trump het Donderdag sowat 200 meestal Asiese immigrante na Costa Rica deporteer.
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela
Costa Rica het ‘n ooreenkoms met Washington aangegaan om tydelik immigrante van ander nasies te huisves na hulle gedeporteer is.
Die immigrante sal vir ‘n maand in Costa Rica bly voor hulle deur owerhede na hulle tuislande teruggestuur word.
Al die mense is families wat van Uzbekistan, China, Armenië, Turkye, Afghanistan, Rusland, Georgië, Viëtnam, Azerbaidjan, Iran, Jordanië, Kazakhstan en Ghana kom.
Altesaam 177 Venezolaanse immigrante is ook na Gauntanamo Bay gedeporteer en sal later na Venezuela gestuur word.
Bronne: NBC News, Dawn, ABC News
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela





