VSA. – Die president van Amerika, Donald Trump, het onlangs weer Brics-lande gedreig met 100%-tariewe op uitvoere.
Lees ook: Starlink is onwettig in Suid-Afrika
Hy het gesê enige lande wat besluit om die dollar te vervang, sal met tariewe van 100% op hulle uitvoere na Amerika belas word.
Trump het gister tariewe van 10% tot 25% op die invoer van staal en aluminium geplaas.
Bevele is geteken wat sal verseker kwotas word verwyder en alle lande betaal. Hy het ook beveel dat die ingevoerde staal en aluminium in Amerika “gesmelt en behandel” moet word om te keer dat China en Rusland die betaal van die tariewe kan systap.
Trump gaan ook tariewe op lande plaas wat belasting hef op Amerikaanse goedere en oorweeg glo tariewe op onder andere motors en medisyne.
Bronne: Latest News and Updates, Gulf News, Yahoo, BBC
Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar