VSA. – Donald Trump het ’n uitvoerende bevel geteken aangaande die VSA- federale verkiesings. In die bevel is ingesluit dat verkose persone moet bewys hulle is burgers van die land. Die bevel beperk ook wanneer state stembriewe wat gepos kan word, ontvang.
Lees ook: Rusland en Oekraïne stem in tot skietstilstand aangaande vlote
Trump het gesê hy wil verkiesingsbedrog beëindig en het in die bevel genoem die VSA het gefaal “om basiese en noodsaaklike verkiesingbeskerming in te stel”. Hy het verder gesê state moet saamwerk en bewyse van burgerskap eis of dit gaan toegang tot federale befondsing verloor. Dit is reeds onwettig vir nie-burgers om in die Amerikaanse verkiesings te stem.
Die bevel is ook om te keer dat state stembriewe aanvaar wat na die verkiesingsdatum gepos is. Tans kan 18 state stembriewe na die verkiesingsdatum aanvaar solank dit op die dag of voor die dag van die verkiesing gepos is.
Trump het voorheen beweer hy het die verkiesing teen Joe Biden verloor omdat onwettige immigrante toegelaat is om te stem. Hy het gesê nog uitvoerende bevele aangaande die verkiesings sal later ingestel word.
Bronne: BBC, The Globe and Mail, 9News
Lees ook: Rusland en Oekraïne stem in tot skietstilstand aangaande vlote